Academic curriculum: Love and Learn philosophy
Stimulation and education is important, however at this age we place more emphasis on your child’s emotional well-being.
A happy child is a receptive child.
Bambini has developed an academic curriculum that stimulates, encourages and educates your child. Your child is evaluated and stimulated and encouraged through play. This builds confidence and allows each child to develop at their own pace.
We have a daily programme that involves arts and crafts, singing, music, movement, outdoor play and fine and gross motor skill development.
The programme is adapted as your child develops and grows. In the 3 years your child spends with us we will encourage them to reach their first mile stones, teach them how to hold a crayon and eventually climb on the jungle gym.
The school is built to encourage learning. We have incorporated shapes, colour, patterns and counting games into our architecture.
We do our utmost to ensure the safety of your child. Our parking area is enclosed and the access is controlled from the front desk. Parents are issued with an entry and exit code. All other visitors are requested to ring the intercom button to be granted access.
The property is surrounded by an electric fence and the entrance, classes, playground and therefore the children, are not visible from the road.
No person, other the parents or a person nominated by the parents e.g. au-pair or grandparent, may fetch a child unless the office has been notified. The child will not be allowed to leave the premises until the parents have been reached to confirm permission.
We pride ourselves on the quality and quantity of our supervision. At no time will your child be unsupervised.
Classrooms and terrain are under 24 hours camera surveillance.
Lets hear what our happy clients have to say
Elsabé,
Ongelooflik baie dankie vir al die liefde & omgee wat jul vir Michael gegee het die laaste 3jaar!
Ons is gelukkig da tons by julle uitgekom het end at jul deel van ons familie geword het.
Baie liefde
Marzanne en Michael Manthey
Liewe Elsabé en al die Bambini Personeel,
Ons groet vandag met ‘n baie swaar hart.
Ons wil graag vir elkeen baie dankie sê vir die wonderlike manier wat julle na Emma gekyk het die laaste 3 jaar. Daar was nie ‘n enkele dag waar ons nie met volle gerustheid haar in julle sorg gelos het nie.
Baie dankie vir die detail in die klein goed, die viering van elke spesiale dag en dat Emma kon deel wees van die Bambini-familie.
Sy gaan sonder twyfel elke liewe een van julle mis, maar julle het haar ten volle toegerus vir die nuwe hoofstuk.
Mag julle almal ‘n besondere Kerstyd ervaar saam met julle geliefdes en uitgerus terugkom vir 2020.
# Ons hoop dat hierdie net ‘n tydelike groet is…
Met baie liefde
Christoff, Erna en Emma.
Liewe Tannie Elsabé,
Sjoe hoe sê ons dankie vir só ongelooflike jaar by die beste en mooiste skool in die land. Ons is dankbaar dat ons tannie raak geloop het in die Wildtuin en geseën om op die einde ‘n plekkie kon kry in Bambini.
Tannie het vir ons ‘n jaar van rustige harte gegee en ons is só dankbaar.
Mag Bambini net groei met liefde volgende jaar en Geseënde Kersfees vir tannie en tannie se mooi gesin!
Van Thomas en sy mamma en pappa
Liewe tannie Elsabé,
Baie dankie vir al jul liefde vir ons Lana! Dis vir ons so ‘n groot voorreg om deel te kan wees van die Bambini-familie. Lana is so gelukkig en ons harte loop regtig oor van blydskap om dit te sien.
Dankie vir elke dag wat julle so spesiaal maak vir die kinders. Die goedjies wat julle reël en die pragtige omgewing wat julle vir ons kinders skep. Julle is absolute juwele en ons dankie die Here vir Bambini.
Mag julle ‘n wonderlike Kerstyd hê en geniet die vakansie.
Baie liefde
Nichol, Clarisse en Lana van der Merwe
Liewe Elsabé,
Wat ‘n voorreg om vir Joshie 3-jaar lank by Bambini te kon hê! Dankie vir die fantastiese omgewing wat julle vir ons kinders bied, vir al die moeite en omgee!
Ons gaan julle vreeslik mis, maar ons sien uit na September met Lily se beurt! Geseënde Kersfees en mag 2020 ‘n Fantstiese Jaar vir julle almal wees!
Al ons liefde
Die Jadrijeviches xxxx
Liewe Elsabe, Sonette, Hantie en ALMAL van julle
Ek weet nie hoe om eintlik behoorlik dankie te se vir die laaste 4 en 'n half jaar saam met julle nie. Bambini het so n groot deel geword van ons daaglikse lewens dat dit baie onwerklik is om te dink ons maak more klaar met jul skool VIR ALTYD!
Julle is die oulikste klomp vrouens bymekaar, altyd vriendelik en altyd lus vir 'n geselsie EN die belangrikste, julle versorg ons kindertjies soos jul eie of nog beter.
Die dag wat ek vir Emily ingeskryf het, was die beste besluit nog. Daar was nog nie een dag in die jare wat ek onrustig gevoel het oor enigiets by julle nie. Ons voel tuis en ons as ouers weet dat ons kids in die heel beste hande is. En die belangrikste van alles, beide Emily & Lua was verskirklik gelukkig by Bambini.
Ons gaan julle mis, baie mis maar belowe om te kom hello se.
Elsabe en span, dankie vir julle BAIE liefde en omgee elke liewe dag. Ek is dankbaar ek het die voorreg gehad om jul te leer ken.
Nou ja voor ek weer tranerig raak, geniet julle vakansie en rus behoorlik.
Mag onse Liewe Vader julle almal net nog meer seen want jul is soos engele gestuur uit die hemel.
Geseende Kersfees!
Baie Liefde
Minandi Heyns
Liewe Elsabe en personeel,
Baie dankie vir al julle moeite om Ouma en Oupadag 2017 so 'n groot sukses te maak. Moenie dink ons besef nie hoeveel usre se oefening
in so 'n program ingaan nie. Dit bly verstommend oor al die liedjies se woorde wat groter groepie onthou. Baie geluk!!
Die feit dat Wian te oorweldig was om saam te sing, was "oorlat" die oumas en oupas seker jou opdrag, "Moenie oogkontak maak nie,"
nie goed verstaan het nie!
Die verwondering op sy gesiggie om sy hele familie in die voorste ry te sien sit, was meer as die moeite werd.
Mag ek se...elke jaar is die ervaring net beter en beter. Die wit gazebo's en netjiese terreine laat 'n mens net weer besef hoe 'n groot
voorreg dit is dat ons kleingoed by Bambini kan wees. Nogmaals baie hartlik dankie. Welgedaan!
Groete,
Ben en Alet Vorster
Hi Elsabe
Ek wil net 'n oomblik neem om dankie te se.
Hierdie jaar was so maklik, ek kon regtig net in die en uit hardloop. Op en aflaai. Dit beteken ook dat 'n mens min gesels en tyd het vir dankie
se. Julle is regtig 'n pragtige klomp mense en die Curtis gesin is baie lief vir almal by Bambini.
Matthew was vreeslik gelukkig! Dit beteken vir 'n mamma baie om vinnig te kan aflaai en daar is geen trane, hy val letterlik so in die armsvan jou AMAZING personeel.
Ek kan nie een dag in 2017 onthou waar iets my by Bambini gepla het nie. Alles was positief en my kind is baie gelukkig en tuis by julle.
Ek is seker volgende jaar sal dieselfde wees.
Liefde groete
Corne Curtis
More Elsabe
Met die nuwe jaar wat nou beginn momentum optel is 'n mens stelselmatig besig om die ou jaar af te sluit. Deel daarvan vir my is refleksie op oomblikke wat deel word van jou
goeie herinneringe in die lewe.
Ek onthou nog die eerste dag wat ek en Therese by Bambini ingestap het. Ons het die dag verlof geneem om 'n geskikte skooltjie te vind, vir die toe ongebore Alexander. Ons het
begin met 'n lys van 4 skole en Bambini was laaste op die lys, verwys deur ons buurvrou as een om na te kyk. Soos ons van skooltjie getoer het, was ons hoogs bekommerd dat ons nie iets
gaan vind wat naby kom wat ons vir ons kind wil he nie, totdat ons by Bambini ingestap het. Daar het dinge reg gevoel, die groentetuin en hoendertjies het verwys na 'n dimensie wat ons na aan
die hart gele het, en daarby was alles net in sy plek. Jy het nog hoflik na die dag al my lys van vrae beantwoord, soos wat jy al seker talle male vir toekomstige ouers moes doen.
Bambini het gespreek tot ons, en so het twee nuwe ouers hulle vertroue geplaas in 'n skooltjie wat 'n groot rol sou speel in the vorming van hulle kind.
Ons was nie 'n oomblik spyt nie. Alexander het sy tyd geniet, en mooi ontwikkel, Ek onthou nog die dag wat Therese vir my se dat sy amper die kar gerol het toe sy hoor hoe haar tweejarige
sit en die kolle tel op sy kameelperd agter in die kar. Ja sy ontwikkeling was werklik iets besonders, soveel so dat ek wonder of die nuwe skooltjie sal kan opleef na die standaard wat ons nou
aan gewoont geraak het. Ons is bederf deur Bambini.
Ek wil graag vir jou dankie se vir die tyd wat ons saam met Bambini kon deurmaak en wat julle vir Alexander gedoen het. Ek en Therese is opreg dankbaar vir julle en die Gemoedsrus wat Bambini in ons
lewe beteken het. Ons wens eintlik ons was nog daar, maar besef die volgende hoofstuk moet begin vir Alexander.
Dankie weereens, en alles van die beste vir 2016 en die toekoms!
Groete
Oscar & Therese
Hallo Elsabe
Ons wil net graag vir jou komplimenteer op die uitstekende skool & standaarde wat jy het. En ook baie dankie se vir die passie en deernis
waarmee julle ons kind en almal se kinders daagliks mee behandel.
Ons het die naweek kennis gemaak met wat ons voorland volgende jaar is, omdat Caitlyn nou GrRRR toe gaan. Dit was vir my (en toevallig 2 ander
Bambini mammas wat ek raakgeloop het) 'n ontnugtering en ons besef hoe geseend ons was om Bambini se kokon vir soveel jare te kon he. Ons gaan alles mis, van die uitstekende personeel,
pragtige tuine, kliniese omgewing, heerlike gekookte kos, sprokies speel geriewe tot die hoendertjies wat rondloop en alles tussenin.
Duisend dankies vir die groot posetiewe impak wat julle op ons mensie se lewens gehad het. Sy het leer loop by julle en is nou 'n dogtertjie wat groot skool toe gaan... Ons gaan julle baie mis.
Nota. En as jy besluit om weer tot by GrR te gaan, sit ons dadelik op die lys, ons skuif dadelik terug!
Groete
Ilana & Gavin
Elsabe en span,
Met die jaar wat nou op sy einde staan wil ons net dankie se vir die tydperk wat Karlia by julle kon wees. Dit was vir ons net 'n plesier en totale gemoedsrus om
haar elke dag die laaste 3 jaar by julle te los. Ons dink nie julle besef aldag wat dit vir ons as ouers beteken nie en hoeveel dit vir ons werd is om te weet dat julle
met soveel passie en liefde na ons kinders kyk nie. Houe asb aan met die fantastiese werk wat julle doen.
Ons wens julle alle voorspoed toe vir die toekoms en wie weet dalk kruis ons paaie weer.
Groete
Hannes & Sonia Degenaar