Testimonials

What other parents say about us.

Beste Elsabe,

Ons wil graag eerstens dankie sê vir die afgelope 5 en half haar se omsien, aandag en oppas van ons twee seuns.

Van Bambolini tot die vestiging van Bambini was en is jul skool en personeel sekerlik van die beste (indien nie die beste) kaliber vir sorg vir ons klein mensies!

Dit is uiters moeilik om 'n ander gepaste hawe te kry vir Migael - juis gemeet aan die standaard wat jul stel. Ons probleem is egter rondom die jaar tussen kleuterskool en Graad R. Migael verjaar te laat in die jaar om Graad R twee maal te doen en die beperking word daargestel deur die skole wet. Dit plaas ons in 'n posisie waar hy 'n jaar sonder heenkome gaan hê tussen Bambini en die Laerskool.

Ons is van mening dat dit minder ontwrigting in sy lewe sal veroorsaak as ons hom nou skuif na Palet waar hy dan kan bly tot die jaar wat hy 5 word, eerder as om so 'n verandering te maak as hy ouer is en dalk al vriendskap bande begin smee met maats in die klas.

Dit is steeds 'n moeilike besluit vir ons (dus ook die laat skrywe) omdat ons 'n hegte band met die skool het en ons geensins ander rede het om te skuif behalwe vir die jaar wat later 'n probleem kan skep.

Baie dankie vir al die toewyding van al die personeel waarmee ons al te doen gekry het en selfs die dame wat die kinders oppas in die laat middae. Dankie vir 'n uiters pragtige en netjiese skool. Daar is altyd gerustheid dat ons kinders in veilige en bekwame sorg gelaat is by jul skool.

Groete Louwrens en Elmien
Hallo Elsabe

Wil graag dankie sê vir die moeite wat julle almal by Bambini met ons kindjie doen.
Dis so lekker om die verslag te lees en te sien sy ontwikkel mooi, leer nuwe vaardighede en geniet dit so baie by die skool.

Definitief die beste besluit vir ons dogtertjie. Ilana Wait
Beste Elsabe, Renee-Marie, Annalien, Maria en Leah

Ek wil jul graag net formeel bedank vir julle puik versorging, harde werk, toewyding en omgee vir klein Adrian. Dit is vir ons 'n voorreg om hom elke oggend in jul versorging te laat, in 'n kleuterskool met 'n heerlike atmosfeer, by uiters bekwame mense wat werklik omgee vir die kleingoed. Daardie gemoedsrus wat ons het, as ons smorens by jul wegry, is goud werd en beteken vir ons meer as wat ek ooit in woorde kan sê.

Baie dankie vir die "sagte" begin wat julle vir hierdie klein mensies in jul versorging gee. Dit is "hemelswerk". Kona van Rooyen- Enslin
Elsabe en span

Ons wil vir julle groot baie dankie sê vir die wonderlike, professionele en mooi manier wat julle na Francois gekyk het die afgelope twee jaar. Julle was die antwoord op ons gebede want ons sal nie ons seun by enigiemand kon los nie. Julle kyk so mooi na die kinders, met pap en kos en cream en ontwurming en vitamins ens - waarvan die mees belangrikste vir ons is die passie waarmee die dames na die kinders kyk. Nie een van hulle het ooit "moeg" gelyk om na die kinders te kyk nie. Dankie daarvoor.

Ons wens julle baie seen toe vir 2015 en die jare wat voorle. Francois se boetie Curro Roodeplaat en omdat ons daar ver bly raak die ryery soms vir ons te veel. Dit gaan net vir ons makliker wees om hom en sy boetie se reelings te integreer.

Weereens baie dankie en ons waardeer wat julle vir ons gedoen het. Koos
More Elsabe

Ek het vanoggend vir Sophia afgelaai by die skool. Wat 'n lekker ervaring om, as mens jou kinders aflaai, te sien hoe baie moeite julle doen met die fotos wat gereeld opgesit word op die kennisgewing bord en nuus oor die skool.

Dit is lekker om te sien hoe julle, deurlopend moeite doen. Julle kan trots wees! Geniet Europa! Johann
Bambini is a great nursery school in a nice environment, with dedicated people who take very good care of my little one. Aude S & 8 month old Lilah
Hallo Elsabe,

Graag wil ek hiermee jou en jou personeel komplimenteer vir die kreatiewe en kindervriendelke omgewing wat julle by Bambini geskep het. Ek dink ek is partymaal meer opgewonde as Jaco om skool toe te gaan, want elke dag is daar ietsie nuuts, hetsy 'n nuwe foto, nog mooier blomme, 'n ekstra hasie of dwergie en hierdie lys is eindeloos.

Waar jy aan die oulike juffrouens, tannies en helpers kom is vir my nog steeds 'n raaisel. Die een is vriendeliker en hulpvaardiger as die volgende een. Eks seker as Jaco eers gaan begin lostrek met die verstommende woordeskat wat hy by Bambini geleer het, gaan ek beslis nie 'n spreekbeurt kry nie. Die kersie elke dag op my koek is, as ek Jaco gaan haal by die skool en hy lyk soos 'n nuwe sikspens met die kuif wat gekam of somtyds ge"gel" is en die hempsmoue wat opgerol word.

Ek het regtig gemoedsrus om te dink dat Bambini die verlenging is van my huishouding en hoe ek my kind wil grootmaak. Dankie dat julle ons bloedjies so passievol versorg! Cornelia & Jaco
Dit is so moeilik om jou kosbaarste besitting elke dag af te laai en in ander se sorg te laat sonder bekommernis, by Bambini is dit egter ‘n ander storie.

Uli kan nie wag om uit te klim! Uit die aard van my werk is hygiene uiters belangrik maar die kombuis, linne en eetgerei is klinies skoon. Daar heers in rustigheid vandat jy by die voor deur inkom en nie eers te praat van die pragtige tuine nie.

Persoonlike aandag is ‘n belangrike voordeel en elke kind voel spesiaal. Dankie Elsabe en personeel, julle verdien 11/10! Dr Jacqueline Smit & Uli
A parent’s decision as to whom to trust to nurture and care for your children is never an easy one!! Fortunately Helen, Annalien and their baby class at Bambini are exceptional!!

Having researched numerous baby classes in terms of facilities and staff we were left with no doubt that Bambini is a class apart. We are able to drop of our 3 little guys every day and leave with no regrets or uncertainties.

The classes following the babies have further enhanced the development of the twins and we have no doubt will do so for the baby in the family in the near future. Elsabe and her school have been incredibly good to us and we will always be grateful for the roles they play in our little guys lives. Stephen and Sandra (parents of Matthew, Michael and Luke)