More Elsabé, met die nuwe jaar wat nou begin momentum optel is ‘n mens stelselmatig besig om die ou jaar af te sluit. Deel daarvan vir my is refleksie op oomblikke wat deel word van
jou goeie herinneringe in die lewe. Ek onthou nog die eerste dag wat ek en Therese by Bambini ingestap het. Ons het die dag verlof geneem om ‘n geskikte skooltjie te vind, vir die toe ongebore Alexander. Ons het begin met ‘n lys van 4 skole en Bambini was laaste op die lys, verwys deur ons buurvrou as een om na te kyk. Soos ons van skooltjie getoer het, was ons hoogs bekommerd dat ons nie iets gaan vind wat naby kom wat ons vir ons kind wil he nie, totdat ons by Bambini ingestap het. Daar het dinge reg gevoel, die groentetuin en hoendertjies het verwys na ‘n dimensie wat ons na aan die hart gelê het, en daarby was alles net in sy plek. Jy het nog hoflik na die dag al my lys van vrae beantwoord, soos wat jy al seker talle male vir toekomstige ouers moes doen. Bambini het gespreek tot ons, en so het twee nuwe ouers hulle vertroue geplaas in ‘n skooltjie wat ‘n groot rol sou speel in the vorming van hulle kind.
Ons was nie ‘n oomblik spyt nie. Alexander het sy tyd geniet, en mooi ontwikkel, Ek onthou nog die dag wat Therese vir my sé dat sy amper die kar gerol het toe sy hoor hoe haar
tweejarige sit en die kolle tel op sy kameelperd agter in die kar. Ja sy ontwikkeling was werklik iets besonders, soveel so dat ek wonder of die nuwe skooltjie sal kan opleef na die standaard wat ons nou aan gewoont geraak het. Ons is bederf deur Bambini. Ek wil graag vir jou dankie se vir die tyd wat ons saam met Bambini kon deurmaak en wat julle vir Alexander gedoen het. Ek en Therese is opreg dankbaar vir julle en die Gemoedsrus wat Bambini in ons lewe beteken het. Ons wens eintlik ons was nog daar, maar besef die volgende hoofstuk moet begin vir Alexander. Dankie weereens, en alles van die beste vir 2016 en die toekoms!