Elsabe en span, met die jaar wat nou op sy einde staan wil ons net dankie se vir die tydperk wat Karlia by julle kon wees. Dit was vir ons net ‘n plesier en totale gemoedsrus om haar elke dag die laaste 3 jaar by julle te los. Ons dink nie julle besef aldag wat dit vir ons as ouers beteken nie en hoeveel dit vir ons werd is om te weet dat julle met soveel passie en liefde na ons kinders kyk nie. Hou asb. aan met die fantastiese werk wat julle doen. Ons wens julle alle voorspoed toe vir die toekoms en wie weet dalk kruis ons paaie weer.