Baie dankie vir alles wat tannie vir die kinders doen en vir die ongelooflike grondslag wat tannie by Bambini skep. Tannie se liefde, leiding en streng hart en hand, maak die skool ‘n plek waar kinders veilig, geliefd en welkom voel! Ons waardeer die netheid, orde en hoë standaarde waarmee tannie die skool bestuur! Dit is werklik ‘n seën om deel van die Bambini familie te wees! Dankie dat tannie ‘n mooi, veilige en liefdevolle omgewing skep, waar Kehan elke dag met ‘n glimlag kan groei en leer! Mag julle Feestyd vol van seën, liefde en mooi oomblikke wees!
