Dit is met diep dankbaarheid dat ons terugkyk op die afgelope drie jaar wat Anke by Bambini deurgebring het. Die skool was altyd pragtig en netjies en die personeel het hulle werk met besonderse vriendelikheid, bekwaamheid en toewyding verrig. Anke (en Anru) was altyd so mooi en liefdevol versorg dat dit vir my ‘n groot gerustelling was om my kinders by Bambini af te laai. Ek het te alle tye geweet dat hulle besonder goed versorg word en het nie ‘n oomblik oor hulle bekommer nie! Daai vrede in my hart was van onskatbare waarde. Ek het volkome gemoedsrus gehad en dit is ‘n kosbare geskenk wat ek nie ligtelik opneem nie. Baie dankie vir die liefde, sorg en professionaliteit waarmee jy en jou span Anke se eerste leerjare gevorm het! Hierdie drie jaar sal altyd vir ons ‘n besonderse waardevolle herinnering bly! Gelukkig het ons nog vir Anru 2 nog by julle!!
